Bloed verbond

Die Bloed verbond



Die Hebreuse ritueel om 'n verbond te sluit.


  1. Uitruil van kledingstukke. Vir 'n Joodse persoon het die kledingstuk die persoon verteenwoordig. As jy kledingstuk aan die ander party gee simboliseer dit dat jy jou alles aan die ander party gee.
  2. Uitruil van gordels. Die gordel was die plek waar jou wapens gehuisves word. Die dolk en swaard was aan die gordel vas. As jy gordel aan die ander party gegee het het jy hom jou wapens ook gegee. Dit simboliseer dat jy al jou krag aan die ander party gee en dat jy hom ten alle tye sal beskerm. As iemand die ander party aanval, was dit so goed soos dat hy jou aanval.
  3. Die sny van die verbond. 'n Dier word middeldeur gesny en die twee helftes word aan die sy van die twee partye wat die verbond sluit geplaas. Die twee partye staan in die middel en loop dan in die vorm van 'n 8 om die twee dele van die karkas. Dit simboliseer dat jy in jouself sterf en dan 'n nuwe pad met die ander party begin loop. As jy hierdie verbond sou verbreek was dit so goed as om te verklaar dat God jou in twee kon sny net soos hierdie dier wat gebruik word om die verbond te sluit.
  4. Lig die regterhand en meng die bloed. Altwee die partye sny die palms van hulle regterhand en plaas dit teen mekaar. Hulle lig hulle hande tot bo hulle skouers. Dit simboliseer dat die twee partye een word.
  5. Uitruil van name. Soos die bloed meng ruil die twee partye name. Elkeen van die partye neem die tweede naam van die ander een aan. Toe God met Abram 'n verbond gesluit het, het Hy ook Abraham se naam verander.
  6. Vryf die bloed teen mekaar om 'n litteken te vorm. Dit simboliseer die permanentheid van die verbond. Die litteken herriner die twee partye aan hulle verbond.
  7. Verbond verwysings. Al die eindom en besittings van die twee partye behoort nou aan mekaar. Die ander party kan nou maar skuld maak op jou naam en jy sou dit eerbiedig.
  8. Eet 'n herdenk maaltyd. Die twee partye eet nou brood en drink wyn. Die wyn word beskou as die bloed van die druif. (Gen 49:11). Die brood simboliseer die menslike liggaam. Met hierdie verbond sal julle mekaar onderhou. Jy is nou in die ander party en hy in jou. (Met die heilige Nagmaal herdenk ons ook met brood en wyn die liggaam en bloed wat Jesus vir ons geoffer het.)
  9. Plant 'n herdenking. Die twee partye plant nou 'n boom en besprinkel dit met die bloed van die geslagde dier. Die boom sal jou ook altyd herriner aan die verbond. (Kan jy sien hoe die kruis die boom vervang en Jesus die bloed van die geslagde dier vervang?)
Terug